I received this email from Daleen and Fanus. I love receiving emails like this – they totally make my day :)
“Liewe Annemari!
Ek dink nie daar is woorde om te beskryf hoe onsettend, ongelooflik, amazing ons fotos is nie! Ons almal het in trane voor die rekenaar gesit terwyl ons in genuine verwondering na die fotos gekyk het! Annemari, dit kon nie beter gewees het nie, en ons is meer as tevrede! ons het geweet dit gan flippen mooi wees mar het defnitief nie verwag dat dit so stunning gaan wees nie!
So baie dankie dat jy elke liewe detailtjie gecapture het van die troue, en dat ons nou so mooi geheelbeeld van dit alles kon kry! Die manier hoe jy die emosie en special moments kon vasvang het ons so verbaas! Ek is nou so bly dat ons besluit het om nie iemand vir ‘n dvd te kry het nie, want ons hele idee was dat die fotos die storie moet vertel en nie ‘n corny dvd nie, en dis presies wat ons foto’s doen! Ek is eerlik dat ek nog nooit sulke briljante foto’s gesien het nie en ek het al baie troufotos die afgelope paar jaar gesien! Ek wil eintlik ook die meeste dankie sê dat jy my so mooi laat lyk het op al die foto’s. ek het eintlik ‘n groot vrees vir fotos van myself en was so bang dat ek vir myself gaan lelik lyk, maar toe ek die foto’s kyk het ek rerig soos ‘n bruid of prinses of iets gevoel, en ek lyk nooit vir myself mooi op foto’s nie!
Annemari, ons fotos is genuine priceless, en jy was verseker die grootste aanwins tot ons perfekte dag! Duisende duisend dankies vir jou moeite en harde werk!
Met baie liefde
jou mees tevrede kliënte en grootste “fans” ooit!!!
Daleen en Fanus”